bericht vanuit Namibië

5 mei 2010 - Tynaarlo, Nederland

Onderstaand bericht ontvingen we vanuit Namibië

5 May 2010

 

Beste Anne en Wies,

 

Piet en Ans het ons vertel van die voorgeneme fietstoer wat julle wil aanpak vanaf die 24ste Mei!  Dit is ‘n pragtige gebaar en ons dink dat julle baie dapper is om so-iets te doen!

 

Anne en Wies, namens Beautiful Kidz, will ons julle by voorbaat hartlik bedank vir die poging wat julle wil aanwend om vir die pre-skool kinders geld in te samel.  Dankie dat julle op die manier vir hulle help en vir hulle voorberei om ‘n beter toekoms te kan hê.  Dankie dat julle ook help dat ons elke dag vir hulle twee gesonde etes kan gee. Dankie dat julle ons help om vir hulle liefde en sorg te kan gee. 

 

Ons sal aan julle dink en vir julle bid terwyl julle op die pad is.  Mag die Here julle seën en beskerm en mag julle veral bewus wees van Sy teenwoordigheid en ook van Sy liefde  vir julle.

 

Nogmaals baie dankie vir al julle moeite en sweet!

 

Vriendelike groete,

 

 

Brian en Pam Kinghorn

Namens Beautiful Kidz in Namibia